Local newsNews

Oosterlig samel fondse in vir gesin van Die Anker-matrikulant wat in ongeluk sterf

Oosterlig dit goed gedink om van 15 to 19 Junie 'n boks by die skool se sekuriteit te los waarin die publiek fondse ten bate van die gesin kan ingooi

Hoërskool Oosterlig wil graag hul harte oopmaak teenoor die gesin van Damian (Duimpie) Gruen, die gewilde matrikulant van Hoërskool Die Anker wat in ‘n motorongeluk oorlede is.

Volgens inligting het die ongeluk Maandagaand (8 Junie) net voor 7nm in Voortrekkerweg naby die Tweedy Park Kompleks plaasgevind.

Damian was in die passasiersitplek van die voertuig, wat deur sy ouer broer Keenan bestuur is en hul jonger sussie, Amber, was agter in die motor. Keenan is beseer maar na behandeling uit die hospitaal ontslaan, maar Amber veg nog om haar lewe. Die gesin beskik nie oor ‘n mediesefonds nie.

LEES OOK: 

Matrikulant van Oosterlig verloor stryd teen lupus

Daarom het Oosterlig dit goed gedink om van 15 to 19 Junie ‘n boks by die skool se sekuriteit te los waarin die publiek fondse ten bate van die gesin kan ingooi.

Mara Strydom, skakelbeampte van Oosterlig, het verduidelik dat die hoofleiers van die skool graag die gesin wil bystaan.

“Ons hoofleiers het gevra om iets te doen om die gesin te help. Die skool het toe besluit om ‘n boks by die skool se sekuriteitshek te los waar leerders, ouers en enige lid van die publiek fondse kan insit. Dit is veilig en die boks sal gereeld omgeruil word.”

Die skool se leerlinge wat nog nie na die skool mag terugkeer nie moet ook skoolwerk by die hek gaan afhaal. Iemand wat graag ‘n groter bydrae wil lewer kan vir Esther Blignaut op 011 913 1055 skakel. Sy het verder beklemtoon dat die skool se harte uitgaan na Damian se vriende, familie en skool.

“Ons harte is baie seer ons wil graag ons innige simpatie en meegevoel aan Damian se geliefdes betoon. Ons bid vir herstel en genesing, ook vir Amber,” het ‘n emosionele Mara vertel.

LEES OOK: 

Totsiens aan geliefde wiskunde onderwyser Apie Steynberg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button