Local newsNews

Gesins -en geslagsgeweld ‘n skokkende realitiet in Suid-Afrika

By die gesogte geleentheid was die sakevroue en hul gaste deur senior aanklaer van Boksburg, adv Henk Strydom, toegespreek.

Die Oosrand Sakevroue het onlangs 2020 met ’n belangrike vergadering te Summer Place afgeskop.

Senior aanklaer van Boksburg, adv Henk Strydom, se boodskap het hoofsaaklik op gesins-en geslagsgeweld in die samelewing gefokus.

Tydens sy toespraak het hy skokkende statistieke gedeel wat die gehoor se aandag dadelik aangegryp het.

“Die helfte van julle wat vandag hier sit is of was al ’n slagoffer van gesinsgeweld of geslagsgeweld,” het hy uitgewys.

Srydom het beklemtoon dat alle gevalle nie gerapporteer word nie en dat dit nie net fisiese geweld insluit nie. Die dinamiese aanklaer het ook verduidelik dat vroue in die verlede as minderwaardig beskou is en ook só behandel is.

“Vroue was as besittings deur hul mans of ander mans beskou. Hulle moes by die huis bly, kook en babas baar. In State vs Baloyi het Sachs R aangedui dat gesinsgeweld ’n produk van ’n vrou se algemene ondergeskiktheid teenoor mans is.

“Vroue kon weens hul geslag nie eens iets erf of besit nie,” het hy bygevoeg.

Hy het vertel dat vroue nou meer in die korporatiewe wêreld bemagtig is, maar dat dit ook tot vrouehaat kan lei.

“As ’n man nie finansieël stabiel is nie omdat hy sy werk ter wille van ‘n vrou verloor het, kan dit veroorsaak dat hy aggressief teenoor vroue optree.”

Strydom het uitgewys dat die gevolge van gesinsgeweld moord, ernstige aanranding, selfmoord, depressie, angs, sielkundige versteurings, woede uitbarstings by die werk, werkloosheid, verslawing en kinders wat weggevat word, is.

Volgens hom begin verandering by jouself en dat dit belangrik is om misdaad te rapporteer.

Related Articles

Back to top button