Local newsNews

Talle baat by Solidariteit se tassie-projek

Fondsinsameling vir die tassies sal deur die loop van die jaar plaasvind en dat hulle altyd nuwe borge verwelkom.

In samewerking met Solidariteit Helpende Hand se hoofkantoor het die plaaslike tak ongeveer 130 tassies geskenk.

Die Skooltassieprojek is ’n nasionale projek waardeur alreeds duisende tassies aan behoeftige Graad Een leerders geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is.

Die projek stel behoeftige Graad Eens in staat om hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats te begin. Die Helpende Hand tassie bevat al die nodige skryfbehoeftes soos ‘n pennesak, kryte, ‘n boek en ‘n witbord waarop geskryf kan word.

Laerskool Die President, Laerskool Goudrand en Laerskool Witfield het onlangs by die projek gebaat.

Volgens Alida Reed van die Boksburgse tak was die leerders opgewonde om hul splinternuwe tassies te ontvang.

Die koste van elke tassie beloop ongeveer R250 en verseker dat behoeftige Graad Eens die eerste rang van hul skoolloopbaan op ‘n positiewe noot begin.

Vir meer inligting oor hierdie projek of om aan te sluit by die Boksburg-tak, skakel Alida op 082 228 3552 of Amanda op 083 399 1688.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button