Laerskool Concordia wen 20ste interlaer

Die byeenkoms is hierdie jaar deur Laerskool Baanbreker aangebied.

Laerskool Concordia het onlangs hulle 20ste agtereenvolgende interlaer gewen wat by Boksburg Stadion uitgespook is.

Baanbreker, Concordia, Elspark, Van Dykpark en Martin School het saam deelgeneem.

Dis egter nie net ’n dag vir atlete wat deelneem nie, maar vir die onderskeie skole se ondersteuners is dit ‘n heerlike dag van sing, dans en hul maats op die baan ondersteun.

Vir die hoof van Concordia, Charel Blignaut, was dit die skool se doelwit om die 20ste prestasie te behaal omdat dit vanjaar 2020 is.

“Ek is ongelooflik trots op die leerders en wil graag almal bedank wat die prestasie moontlik gemaak het. Dit was ook vir my spesiaal toe onderwysers van die skool die initiatief geneem het om my te verras met ‘n banier met ‘n foto van my op ,” vertel die hoof wat verlede jaar die leisels oorgeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version