Local newsNews

Plaaslike paartjie vier 60 jaar van ’n gelukkige huwelik

Volgens hulle is dit ook belangrik is om nie kwaad vir mekaar te gaan slaap nie.

“Geloof en liefde is die resep vir ’n gelukkige huwelik,” verduidelik Theuns (89) en Tinka (84) Roos, wat tans in Morganridge woon.

Die paartjie het laasjaar in September ’n besonderse huweliksherdenking gevier.

“Ons is ongelooflik opgewonde om nou 60 jaar getroud te wees. Dit is vir ons ’n groot mylpaal. Tog is ons ook ’n bietjie hartseer omdat ons besef dat ons nie meer vandag se kinders is nie,” sê die egpaar.

Vir hulle huweliksherdenking het hulle ’n vleisie op die kole saam met hulle naaste vriende en familie geniet.

Theuns en Tinka het by die NG Kerk in Boksburg in 1959 voor die kansel gestaan.

Hulle verduidelik dat dit nie liefde met die eerste oogopslag was toe hulle mekaar by ’n troue ontmoet het nie.

Tog brand die liefdesvlam vandag hoog.

“Ons kyk nog na mekaar met dieselfde liefde, as dit nie groter liefde is nie,” sê Theuns.

Vir die paartjie is hulle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders die beste ding wat uit hulle huwelik gekom het.

Tinka was al die jare ’n tuisteskepper. Die afgetrede Theuns was eers ’n polisieman en daarna ’n busbestuurder in Johannesburg.

“Ons voel dis die Here se genade en liefde dat ons nog bymekaar en gelukkig is. Boonop is ons ook geseënd met goeie gesondheid,” sê die paartjie.

Related Articles

Back to top button