Local newsNews

Plaaslike skrywer droom groot

Blaine skryf oor alles. Hy skryf gedigte, verhale en boeke gebaseer op sy emosie en hoe mense rondom hom voel.

Belowende jong skrywer van Boksburg Blaine van Heerden (21) het nog altyd ’n passie vir skryf gehad.

Die Advertiser het by hom gaan inloer om meer oor die jongman en sy skryfwerk uit te vind.

V: Wie is die regte Blaine?

A: Ek het ’n liefde vir skryf, mense en karre. Ek is ook ’n sucker vir die kunste en fotografie en is handig met ’n rekenaar.

V: Jy is ’n aspirant skrywer. Wat het jou inspireer om te begin skryf?

A: Ek het ’n liefde vir mense en dit inspireer my om ’n pen en papier te gryp en om elke dag ’n verhaal van die lewe te skryf.

V: Waar kom al jou idees vandaan?

A: Dinge wat om my gebeur of iets simpels soos ’n stort se kop sal my gedagtes aan die gang kry en ’n storie inspireer. My kop is altyd besig.

V: Jy het onlangs Donker Woorde bekend gestel. Wat presies behels dit?

A: Dit is ’n webblad en Facebook-blad wat gaan oor my verhale, gevoelens en emosies. Ek gee mense ook die geleentheid om hulle storie te deel en dit omskep ek dan met woorde in iets moois. Ek wil graag mense deur my talent vir skryf help.

V: Jy is ook ’n voltydse verkoopsman. Hoe kry jy dit reg om jou voltydse werk en skryfwerk te balanseer?

A: Vir my is daar altyd tyd om te skryf. In die aande wanneer almal slaap sal ek die stories wat in my gedagtes is op pen en papier neerlê. My droom is om eendag voltyd te skryf. Hetsy dit hier of oorsee is.

V: Waarom publiseer jy nie jou skryfwerk op Amazon nie?

A: Ek skryf meestal in Afrikaans en lesers op Amazon is gewoonlik Engels. ’n Uitgewer het my ook genader om my boek, 2019: My testimony, my perspective, te publiseer. Alhoewel dit nog bespreek word, is ek baie opgewonde daaroor. Ek is ook tans besig om aan my tweede boek te werk.

V: As skrywer kyk jy op na digter Ingrid Jonker. Waarom?

A: Ek is mal oor haar manier van skryf en hou van die dinge waaroor sy skryf.

V: Wat is jou grootste uitdaging as skrywer?

A: Soms is ek net nie emosioneel genoeg betrokke nie en dit kan my storie negatief beïnvloed.

Volg Blaine se werk op https://www.facebook.com/donkerwoorde/ of https://donkerwoorde.weebly.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button