Local newsNews

Talentvolle Tobi Jooste vemaak Oosrand Sakevroue

Op pad na die geleentheid was hy in ’n motorongeluk betrokke. Dit het mooipraat gekos om die toutrokmaatskappy te oorreed om hom betyds by sy bestemming te bring.

Hy is nie net ’n musikant nie, hy is ook ’n model, TV aanbieder, skrywer en suksesvolle sakeman.

Tobi Jooste het op 12 Julie na ’n traumatiese gebeurtenis steeds sy weg oop gesien om die Oosrand Sakevroue by hul maandelikse vergadering by Summer Place te vermaak.

“Die vertoning moes voortgaan en ek wou nie die mense teleurstel nie. Ek moes net eenvoudig my emosies beheer,” vertel Tobi.

“Ek het my bes probeer om my traumatiese dag vir die gaste weg te steek. Ek het gekom om mense te motiveer. Na die gebeurtenis kon ek dit amper nie doen nie.

“Ek moes die toets wat ek vir hulle wou gee self eers slaag. Ten spyte van alles het ek dit geniet om vir hulle op te tree.

“Die atmosfeer was lekker en intiem gewees,” vertel Tobi.

Die gewilde Tobi Jooste is soos ’n kleinseun vir Susan Noppe, wat ook die voorsitter van die Sarie Klub is.

Tobi het gesing, uit sy boek, Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, voorgelees en interessante stories vertel.

Sy fyn sin vir humor het ook tot die sukses van die oggend bygedra.

“Soos altyd was dit ’n spesiale geleentheid en kon jy iets saamvat. Hier is ons soos familie. Tobi het my ook beïndruk,” vertel Maria Kruger, wat al ongeveer vyf jaar deel van die Oosrand Sakevroue is.

“Ek kon amper nie glo dat hy so mooi van sy oupa gepraat het nie. Mense van sy ouderdom luister nie meer na ouer mense se stories nie. Hulle ag dit nie as belangrik nie.

“Hy het my vandag weer perspektief oor die lewe gegee.’’

Na die vertoning kon die gaste ook geselsies met Tobi aanknoop.

FOLLOW US:

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Back to top button