Local newsNews

Mosbolletjies skenk breiwerk vir liefdadigheid

Die snoesige items word aan drie skole, twee plakkerskampe en een karavaanpark oorhandig.

Die Mosbolletjie-groep het onlangs 70 slaapkouse, 128 mussies, 12 komberse, 10 handskoene en 174 truitjies gebrei wat aan liefdadigheid geskenk sal word.

Volgens Alida Bekker, koördineerder van die Mosbolletjies, het die skenkings van wol hulle baie gehelp.

“Skenkings van wol word altyd baie waardeer. Ons het byna R3 500 se wol gebruik. Dit is ’n groot projek wat baie mense die winter gaan warm hou. Die mense se glimlaggies maak ons harde werk die moeite werd,” voeg Alida by.

Diegene wat graag ’n bydra wil lewer tot die Mosbolletjie-groep kan Alida Bekker by 011 826 3378 of 083 542 7272 kontak.

FOLLOW US:

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button