NewsSchools

Mnr en Mej Jansie tydens spoggeleentheid gekroon

Die glansgeleentheid het onalngs in EG Jansen se skoolsaal plaasgevind. Deelnemers het aan die begin van die aand eie aan die tema, wat Country was, aangetrek.

 Die aanwysing van Mnr en Mej Jansie is ’n jaarlikse hoogtepunt op die skool se kalender en hierdie jaar was dit geen uitsondering nie.

Hierdie glansgeleentheid het onlangs in EG Jansen se skoolsaal met Country as die tema plaasgevind.

Die deelnemers het soos gewoonlik nie teleurgestel nie. Hulle uniekheid en interessante uitrustings het beoordeling moeilik gemaak.

Tussendeur het die gewilde sanger Elandré Schwartz ook as gaskunstenaar opgetree. Sy energieke optrede het dadelik aanklank by die gehoor gevind.

Met sy lewendig danspassies het hy die gehoor kort-kort op hulle voete gehad.

Hy was ook een van die beoordelaars.

“Met die intrapslag kon ek sien dat Jansen baie energie het. Dit was die eerste keer wat ek só ’n geleentheid beoordeel. Hier moet mens op jou voete dink.

“Dit is beslis iets wat ek weer sal aanpak. Ek het daarvan gehou om te sien hoe mense se persoonlikhede verskil,” sê Elandré.

Die uitslae is soos volg:

  • Junior seuns: Wenner: Jaydon de Bruyn. Eerste prins: Wandré Wolmarans. Tweede prins: Ruan van Aarde.
  • Junior meisies: Wenner: Jordan Coetzee. Eerste prinses: Desire Labuschagne. Tweede Prinses: Kimé Steenkamp.
  • Senior seuns: Wenner: Keenan Stolz. Eerste prins: Bian Harmse. Tweede prins: Jaunray Samuel.
  • Senior meisies: Wenner: Marijke Hoeksema. Eerste prinses: Andelé de Jager. Tweede prinses: Gwyneth Greyling.
  • Dihan Roos en Alyssa Trahms is onderskeidelik aangewys as Mnr en Mej Persoonlikheid.
  • Rudolph Potgieter en Taylashe Daschner is as Mnr en Mej Fotogenies aangewys.

VOLG ONS:

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button