Local newsNews

Ronel se nuutste boek binnekort in Afrikaans beskikbaar

Sy het al verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen en was ook in 2016 en 2018 as Fiksieskrywer van die Jaar van INK: Skryf in Afrikaans, aangewys.

Skrywer Ronel Janse van Vuuren van Boksburg se nuutste boek, Magic at Midnight, sal van einde Junie in Afrikaans as Toorkrag teen Middernag as sagteband en e-boek beskikbaar wees.

Magic at Midnight is fiksie en is as ’n e-boek net op Amazon deur Kindle Unlimited vir die StoryTeller kompetisie beskikbaar. Dit sal later in die jaar in die ander aanlynwinkels beskikbaar wees,” vertel Ronel.

Ronel skryf hoofsaaklik vir tieners en kinders, maar sy word geken aan haar mitologie-gevulde kortverhale in kortverhaalbundels wat vir ouer lesers bedoel is.

“Ek skryf al vandat ek ’n pen kon vashou, en ek skryf al 10 jaar op ’n professionele vlak. Ek het in die laaste vier jaar deel van die aanlynskrywersgemeenskap met my blog geword. Dit is nou deel van my webtuiste.

“Ek is ook dankbaar dat mense van regoor die wêreld my werk kan ondersteun.”

Sy het in Sunward Park grootgeword en het by Hoërskool Oosterlig matrikuleer.

Ronel word ook geken aan haar liefde vir diere, veral haar Rottweilers.

Kliek op die volgende skakels om met haar in verbinding te tree:

As jy dadelik wil weet van nuwe stories en boeke wat beskikbaar gestel word, sluit aan by haar nuusbrief op https://mailchi.mp/020d96f05055/roneldiemythmakernewslettersignup aan.

Jy kry ’n gratis e-boek en word een keer ’n maand oor die vordering van haar skryfwerk ingelig.

Uitreksel uit Toorkrag teen Middernag:

“Amy ken net een leefwyse. Nou moet sy alles op die spel sit om dit wat kosbaar vir haar is te red. Kan hierdie eenvoudige plaasmeisie lewe in die kasteel oorleef? Kan sy ’n oorlog wat dreig om haar wêreld af te brand keer? En wat van die geheimsinnige prinses van die Haselneut Woud en haar skelm kyke …? Nie gepraat van die prins van die Akasia Woud wat dalk betrokke is by die profesieë wat hul koninkryke beheer nie. Met geheime en raaisels wat die lewe wat sy so graag na wil terugkeer bedreig, kan sy haar gevoelens van die missie skei?”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button