Local newsNews

Avonique skitter in Turkye met nog ‘n kroon

Avonique is ook gekies om op haar verjaarsdag, wat die 13de Mei was, te dans by die kroning van die Miss Seven Continents 2019.

So onverwags en onwerklik, beskryf Avonique van Rooyen (11) die oomblik toe hulle die kroon op haar kop gesit het by die Little Miss World 2019 skoonheidskompetisie.

Avonique se sprankelende persoonlikheid en danstalent het haar ook die Best of the Best en Miss Talent of the World toekennings laat inpalm.

Deelnemers was met tye onbewus van die feit dat hulle dopgehou word, daarom maak hierdie prestasie haar familie baie trots.

Die tyd in Turkye was ongelooflik, sê Avonique se ma, Tihani van Rooyen, maar dit is vir haar lekker om weer by die huis te wees.

Hier kan sy sommer gou-gou weer inloer by haar gunsteling plek, die Boksburg DBV om skenkings te maak.

“Ek wil graag vir Carolyn Botha van Pageants SA en Ashot Kachatryan van die World League of Beauty and Fashion bedank vir hulle puik organisasie en reëlings. Dit was haar verjaarsdag toe sy in Turkye was en hulle het moeite gedoen om haar dag spesiaal te maak,” voeg Tihani by.

Avonique is as Little Miss World 2019 gekroon toe sy Suid-Afrika by ‘n glansgeleentheid in Bodrum, Turkye verteenwoordig het.

Avonique gaan die volgende jaar aan geen skoonheidskompetisies deelneem nie. Dit gaan haar die geleentheid bied om haar titel met trots te dra en wil beslis ’n verskil in die gemeenskap maak.

Die nood is so groot dat sy graag by meer organisasies betrokke wil raak.

Die meisie van Laerskool Baanbreker het weer eens bewys dat sy gebore is om uit te staan.

Kontak Tihani gerus op 083 460 6641 of tihanivr@gmail.com om Avonique by ’n liefdadigheidsorganisasie te betrek of om haar vir funksies te bespreek.

LEES OOK:

Avonique crowned as Miss Pre-Teen World

Baanbreker leerling gekroon as ‘Queen of the World’

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

 

Related Articles

Back to top button