EG Jansen-leerders vaar uitstekend by tennistoernooie

“Elke hond prys graag sy eie stert, maar dit is juis nie die geval met dié nederige tennisspelers nie," - Wilma Alberts, tennis organiseerder by EG Jansen.

Dominique Jansen van Vuuren (15) en Skylé-Lee Elliott (14) het albei Hoërskool Dr EG Jansen se naam hoog gehou toe hulle die afgelope vakansie aan verskeie kompetisies deelgeneem het.

In die Internasionale Tennis Federasie (ITF) Graad Twee-kompetisie in Brooklyn, het Dominique tot die tweede kwalfiserende rondte deurgedring, sy het ook vyf rondes by die ITF Graad Drie-kompetisie in Potchefstroom gewen.

“Ek wil graag eendag teen internasionale spelers meeding en ek glo dat ek hierdie droom met die hulp van my dinamiese afrigter, Allan Karam, sal kan bereik,” vertel Dominique.

Skylé-Lee het ook beïndruk by die Growthpoint Junior Nationals in Bloemfontein, waar sy negende uit ’n groep van 48 geëindig het.

Sy het in April in die top ses van haar ouderdomsgroep by die Oos-Gauteng proewe geëindig en is gekies om Oos-Gauteng te verteenwoordig.

Sy het het haar hart uit gespeel en die finale uitslae het al haar verwagtinge oortref toe sy agtste uit 32 spelers gekom het.

“My afrigter, Allan Karam, is ’n uitstekende afrigter en ek leer verskriklik baie by hom,” vertel Skylé-Lee.

Sy droom ook daarvan om eendag ’n Grand Slam-toernooi, soos Duitser Angelique Kerber, te wen.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Exit mobile version