Local newsNews

Sangeres Lu-Anél bereik nuwe hoogtes

Sy tree in Junie saam met kunstenaars soos Franja du Plessis, Elizma Theron en Monique by die Bier, Biltong en Boerewors Fees by SuperSport Park op.

Lu-Anél van Staden se DNS bestaan uit musiek.

Die 13-jarige sangeres van Impala Park is gou besig om naam te maak in die musiekbedryf.

Sy het aan die begin van die jaar met ’n indrukwekkende video-opname gekwalifiseer om aan die Talent Africa Regional Championship deel te neem.

Lu-Anél het uitgestaan by Talent Africa se streeksfinale op 16 Februarie by Hoërskool Dr EG Jansen en was as die beste junior sanger bekroon. So het sy haar pad na die nasionale kompetisie van Talent Africa oop gesing, waar sy as die wenner aangewys is.

Die nasionale kompetisie het einde Maart in Roodepoort plaasgevind. Sy het, in totaal, 11 medaljes losgeslaan.

Mense wat in haar talent glo het haar ook gehelp om ’n onafhanlike debuut CD, My First Step, uit te bring.

Die CD is reeds beskikbaar en vaar beter as wat sy verwag het.

“Onafhanklike kunstenaars werk verskriklik hard. Hulle tree dikwels meer op as kunstenaars wat kontrakte het. Hulle gryp elke geleentheid aan om hul droom uit te leef,” vertel Lu-Anél se ma, Anina.

Sanger Danie van der Westhuizen kon sy ore nie glo toe hy Lu-Anél hoor sing nie. Hy was bewus van haar, maar het eers besef hoe talentvol sy is toe hy by haar skool, Laerskool Westwood, opgetree het.

Hy was so beindruk met haar dat hy haar dadelik onder sy vlerk geneem het. Hulle het amptelik in Februarie saam begin sing en beplan ook om binnekort saam ’n CD uit te bring.

“Dit is vir my ’n voorreg om Dankbaar Sal Ek Bly saam met Danie te sing. Ek het baie verbeter vandat ons saam werk. Hy het my loopbaan na die volgende vlak geneem,” sê Lu-Anél.

Van die verhoog af is Lu-Anél ’n gewone meisie. Mense se negatiwiteit en die persoonlike trauma wat sy beleef het gaan nie haar droom om ’n groot ster te word vernietig nie.

Sy het ’n sagte hart en doen haar deel vir liefdadigheid deur, onder andere, by ouetehuise op te tree.

Vir navrae en besprekings kontak Anina van Staden by 083 755 7924 of anina@danievdw.co.za

LEES OOK:

Kyk video: LuAnél palm die toekennings in 

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button