EG Jansen se ruiters presteer uitstekend

Die leerders het aan agt verkillende perdry dissiplines deelgeneem

Die Jansies se ruiters het vandeesmaand aan die South African National Equestrian School Association kompetisie, een van die grootste reekse van sy soort in Suid-Afrika, deelgeneem.

Werner Bouwer, spankapein, Jae-lee Enslin en Monica Leeuw het Hoërskool Dr EG Jansen verteenwoordig.

Die ruiters het puik prestasies opgelewer en waarvan die punte aan die onderskeidelike skole toegeken word.

Bouwer was by uitstek die top presteerder van die skool. Die matrikulant verower eerste en tweede plekke by die prestige kompetisie.

Werner Bouwer, spankaptein en sy perd, Shake the Spear, gee hul alles

Die ruiters het die volgende uitslae behaal:

Werner Bouwer (eerste Dresseer, eerste en tweede Caprillix, tweede In Hand, tweede Working Riding); Jae-Lee Enslin (derde Performance, vierde Equitation, vyfde Dressseer); Monica Leeuw (vyfde Show Jumping, sesde Equition).

Uit vier kwalifiserende rondtes sal Ekurhuleni-spanne gekies word om aan die Gauteng finale deel te neem wat in Augustus plaasvind.

Daarna word ’n span gekies om in die nasionale kompetisie in Oktober by die Kyalami Equestrian Park te gaan meeding.

Indien die ruiters vir die span sou kwalifiseer sal hulle Ekurhuleni sowel as Gauteng kleure ontvang.

Die volgende uitdunrondtes sal op 11 en 12 Mei, 1 en 2 Junie, 13 en 14 Junie plaasvind.

Hulle kompeteer teen enige deelnemende skool van Ekurhuleni.

Die drie ruiters kry hul afrigting by verskillende perdeskole. Werner ry by Tracy Phipps terwyl Jae-Lee by Mia Swanevelder afrigting kry en Monica haar afrigting by Lauren Koen kry.

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version