Local newsNews

Saries vier die vrolikheid van vrouwees

Soos by enige samekoms was daar ook lekker pryse op die spel vir die gaste wat lootjies gekoop het.

Die Saries het die chaos en vrolikheid van vrouwees beleef toe hulle by die Lakeview Hotel op 13 Maart byeengekom het.

Die geure van die heerlike kos het almal onmiddelik laat welkom voel.

Susan Noppe van die Sarie Klub het die aand se verrigtinge met ’n opening begin wat die gaste in ’n jolige bui vir die res van die aand gesit het.

Almal was hartlik verwelkom en daar was van die geleentheid gebruik gemaak om van die gaste se verjaarsdae te vier.

Die aand se spreker, Ds Daniel de Kock en Susan Noppe van die Sarie Klub saam met die ander lede.Maandeliks kom hierdie energieke groep bymekaar om hulle passies met mekaar te deel. Hier word ook hartsgeheime gedeel.

Daar is ook nie ’n beter manier om die aand mee af te sluit as om na ’n innemende spreker soos Ds Daniel de Kock te luister nie.

Hy het die gehoor se lagspiere behoorlik laat werk, terwyl hy ’n belangrike boodskap oorgedra het.

“Wat die hart van vol is loop die mond van oor. As jy aan negatiewe goed dink, spreek jy negatiewe goed oor jouself uit,” het de Kock gesê.

“’n Mens is nie gemaak om deur die lewe te ‘leopard crawl’ nie. Jy moet elke dag aangryp en voluit lewe.”

LEES OOK:

Heerlike eerste vergadering vir Sarie Klub

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

Related Articles

Back to top button