Westwood is besig om diep spore te trap

Die laerskool se prefekte het ook hul kant gebring, deur te help om R60 000 teen Valentynsdag in te samel.

Die nuwe Wessie-projek poog om ’n onmisbare verskil in die kinders en personeel van Laerskool Westwood se lewens te maak.

Westwood se reis na Waardeland het amptelik in Februarie afgeskop.

Hoof van bemarking, Anelle Myburgh, het gesê Westwood is deeglik bewus van al die probleme wat onderwysers weens swak dissipline ondervind.

“Voorsorg is beter as nasorg. Westwood streef dus daarna om te verseker dat leeringe basiese waardes aanleer,” het Myburgh gesê.

“Die Wessies sal maandeliks van verskillende waardes geleer word. As die tema liefde is, gaan alles oor liefde. Leerlinge sal na elke les ’n simbool huis toe kan neem.

“Na Maandaeoggende se saalopening stap leerlinge met ’n waardevolle boodskap oor die tema wat maandeliks verander, weg.”

Padkaart van die Wessiereis.

Sy het gesê die ongelooflike oulike Hooper, ’n komiese karakter wat grondslagfase kinders waardes leer, is ook aan boord.

“Leerlinge ontvang weekliks ’n geskenkie vir motivering.

“Sodra die leerling die wedloop suksesvol voltooi het en die konsep verstaan, word die Wessie se foto langs die padkaart van die reis in hul klas geplak.

“Leerders klim onder andere op ’n “bus” en “lugballon” om die reis te voltooi.”

Geld was ingesamel is word nie net tot die instandhouding en opgradering van die skool aangewend nie, maar talle behoeftige gesinne en kinders wat nie andersins aan aktiwiteite kan deelneem nie, sal ondersteuning ontvang.

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version