NewsSchools

Concordia kraai koning op die atletiekbaan

Die hoof, Christo Lodder, het gesê hy het nog altyd ’n sagte plek vir atletiek gehad en daarom het die Corries weereens sy hart warm laat klop.

Laerskool Concordia het die vrugte van hul werk gepluk toe hul uitmuntende atletiekspan hierdie jaar vir die 19de keer die interlaer-atletiekbyeenkoms opeenvolgend gewen het.

Die atlete het in die bloedige son hul deel gedoen om op die baan en veld uit te blink, terwyl die res van die leerders persies geweet het hoe om met ’n onblusbare gees die skool se naam op die pawiljoen hoog te hou.

Die skole wat deelgeneem het en plekke behaal het, is soos volg:

1. Laerskool Concordia (434)

2. Laerskool Van Dyk Park Primary (428)

3. Laerskool Baanbreker (337)

4. Martin School (326)

Spankapteine Angie Strydom en Pieter Moller ontvang ’n trofee.

Hulle het ook die trofee vir die beste hekkies-, gewigstoot- en hoogspringafdeling verower.

Soos vermoed, het die Corries weer hulle stempel afgedruk by die D6-kampioenskappe wat op 25 Februarie gehou is.

Concordia het ook onlangs die eer gehad om uit te vind dat daar sewe van hulle atlete aan die Gauteng proewe gaan deelneem.

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button