NewsSchools

Spanbou by Baanbreker voor die nuwe jaar begin

Na die heerlike bymekaarkoms is die personeelspan slaggereed om Laerskool Baanbreker na hoër hoogtes te neem.

Laerskool Baanbreker se personeel het vir nog ‘n suskesvolle skooljaar voorberei deur te spanbou en saam te kuier.

Op 8 Januarie het die Baanbreker personeel vier nuwe personeellede in hul span verwelkom en die middag met prettige spanbou aktiwiteite gevul terwyl hulle aan heerlike eetgoed gesmul het.

Die tema vir die personeel funksie was “Kaas”. Die nuwe personeel het die storie van Wie het my kaas geskuif? met hul kollegas gedeel.

Hulle het vir hope vermaak gesorg en seker gemaak die personeel kry iets om oor na te dink.

Die kaasstorie herinner mens om nooit te gemaklik te raak en dieselfde foute te herhaal nie. ‘n Mens moet daarna streef om altyd te hardloop na jou nuwe Kaasskat, en al verdwaal jy in die doolhof moet jy nie moed op gee nie.

Die personeel betree die nuwe skooljaar met hoop, inspirasie en tonne entusiasme.

Die dinamiese personeelspan het saam kaasborde versier en prettige stories gedeel. Hulle het ook feite oor mekaar uitgeruil, in ‘n kenmekaar-speletjie.

LEES OOK:

Nuwe hoofleiers vir Laerskool Baanbreker

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button