Jolige afsluiting vir VLU Goudrif-streek

Die organisasie het verskeie takke in en om Ekurhuleni en het ’n bekende naam deur hul goeie dade in gemeenskappe geword.

Die Vroue Landbou-unie Goudrif-streek het hul jaarlikse afsluiting by NG Kerk Boksburg-Suid gehou.

VLU-takke van regoor die streek, soos Nigel, Springs en Brakpan, het bymekaargekom om saam te kuier, asook die jaar se lief en leed en sukses te deel.

“Ek is so trots op die streek. Dankie vir almal se ondersteuning en bydrae tot die streek se sukses die afgelope jaar,” sê Alta Prinsloo, Goudrif-streeksvoorsitter.

Dié streek is die kleinste in die provinsie, maar staan beslis nie terug nie en het baie mylpale hierdie jaar bereik.

Die jaarafsluiting was ’n spoggeleentheid en daar is gesing, gesels en fees gevier.

Die lede het ook Prinsloo bedank vir haar harde werk en goeie voorbeeld wat sy gedurende die jaar gestel het.

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg-tak ontmoet elke eerste Woensdag van die maand te NG Kerk Boksburg, Voortrekkerstraat, ook bekend as die Klipkerk.

Om deel te word van die VLU Boksburg-tak kontak Magriet Marx 082 774 5955.

LEES OOK:

Plaaslike VLU-tak hou jaarlikse prysuitdeling

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Exit mobile version