Plaaslike VLU-tak hou jaarlikse prysuitdeling

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Soos die jaar binnekort tot ’n einde kom het die lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) Boksburg-tak op 7 November hul jaarlikse prysuitdeling gehou.

Na die maandelikse vergadering het die voorsitter, Magriet Marx, pryse oorhandig aan die VLU-lede vir verskillende mylpale en doelwitte wat deur die loop van die jaar bereik is.

Een van die wenners was Alta Prinsloo, (streeksvoorsitter en taklid), wie die prys vir haar uitstekende bydrae tot die tak ontvang het.

“Alta is altyd daar om ons te motiveer en by te staan,” sê Marx.

“Sy is altyd reg om te help met kosverkope om fondse in te samel en sy is ’n inspirasie en leier vir ons almal,” het Marx gesê.

Hierdie jaar se takprojek was gebreide poppies wat die lede gebrei en gestop het om minderbevoorregtes te laat glimlag.

Die VLU se plaaslike tak gaan steeds van krag tot krag. Die tak bestaan vanaf 1960 en hulle is ’n groep vroue wat direk by die gemeenskap betrokke is.

Die organisasie het verskeie takke in en om Ekurhuleni en het ’n bekende naam deur hul goeie dade in gemeenskappe geword.

Die Boksburg-tak ontmoet elke eerste Woensdag van die maand te NG Kerk Boksburg, Voortrekkerstraat, ook bekend as die Klipkerk.

LEES OOK

Word deel van die VLU in Boksburg 

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

Exit mobile version