NewsSchools

VIDEO: Concordia beoog om rekord te breek van meeste eenhede geskenkte bruikbare bloed

Om leerlinge meer te leer van bloed skenk en hoe baie lewens dit kan red, het personeel van die nasionale bloedbank op 25 September die skool besoek.

Met die vakansietyd wat nader stap en duisende mense wat bloed gaan benodig, begin Laerskool Concordia ’n unieke inisiatief wat lewens kan red.

Laerskool Concordia wil poog om die Guiness-wêreldrekord te breek vir die meeste eenhede bruikbare bloed wat binne ’n sewe uur tydperk op dieselfde plek geskenk word.

Die spogskool nooi almal in die gemeenskap om op 16 Oktober by Laerskool Concordia se skoolsaal bloed te skenk.

“Dit is nie seer om bloed te skenk nie, en jy kan baie mense se lewens red,” het Sibongile Nkosi van die Nasionale Bloedbank gesê.

“Al kan kinders eers op 16 bloed skenk, is dit belangrik om die leerlinge vanaf ’n jong ouderdom te leer van bloed skenk en hulle ook aan te moedig om hulle ouers te herinner om bloed te skenk.

“Om bloed te skenk is baie spesiaal as jy dit kan doen, en kan so ’n groot verskil in die wêreld maak.”

LEES OOK:

SANBS Journey of Blood 

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button