Local newsNews

Sarie Klub geniet byeenkoms en modes

Die Sarie vroue is aangemoedig om aandag aan hulself te gee en hul klerekaste te vul met items wat hulle op hul beste laat lyk en voel.

 

Dit is heerlike lente en tuine is in blom en gevul met nuwe kleure en geure en daarom het die Sarie Klub vroue die lente gevier met nuwe modes by hul lente byeenkoms op 19 September by die Lakeview Hotel.

Die tyd van die jaar is almal weer lus vir iets nuuts en Dazelle Venter was die spesiale gas by die Sarie Klub van September, wat die vroue meer kom vertel het van nuwe modes, materiaal en borduurwerk.

Venter is ’n sakevrou en eienaar van BeDazzled geleë in Parkdene wat uitrustings vir bekendes soos Corlea, Tarryn Lamb en Monique Steyn maak.

Sy het met die Sarie dames gesels oor klere, kleure en hoe om jou klerekas aan te pas soos die jare aanstap.

Venter het van haar rokke vir die dames gewys deur ’n intieme mode parade wat die Sarie vroue baie geniet het.

“Dit is vir my so lekker om hier by die pragtige Sarie vroue te kuier,” sê Venter.

Venter vertel dat dit nie soos werk voel nie want dit is haar passie en sy leef haarself ten volle uit tussen pragtige materiale en kristalle.

“My gunsteling deel is om die finale passing te doen en te sorg dat alles vir die groot dag perfek is.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om deel van ons kliënte se spesiale dag te wees en is opgewonde om na al die pragtige foto’s te kyk van die geleentheid,” sê sy.

Venter maak jaarliks uitrustings vir kunstenaars by Classics is Groot.

“’n Groot hoogtepunt is om Amira Willighagen aan te trek vir talle van haar optredes regoor die wêreld.

Die vier dames het ’n paar van die eksklusiewe uitrustings deur Dázelle Venter gedra. Van links: Shawné Lang, Kelly Orr, Caelyn Rowe and Sarah Swinney.

Venter het die Sarie vroue vertel van die naaldwerkklasse wat aangebied word en ook die vroue aangemoedig om aandag aan hulself te gee en hul klerekaste te vul met items wat hulle op hul beste laat lyk en voel.

Behalwe vir die goeie raad oor modes, die blomme vir lente en die heerlike kos by pragtige gedekte tafels, was die Sarie Klub byeenkoms gevul met goeie geselskap en samesyn.

LEES OOK:

Sarie Klub vier 47 jaar 

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button