NewsSchools

Oosterlig se matriekafskeid op die kassie

Die episode waar die Oosterlig leerlinge op die kassie te sien sal wees word op 24 September om 8.30nm op kanaal 147 uitgesaai.

Meeste skoolmeisies kan nie wag vir die grootste aand in hul skoolloopbaan nie – hul matriekafskeid.

En die televisie kanaal, 147 of eerder VIA, se My Matriekafskeid, is ’n program wat die opbou tot hierdie groot aand volg.

Hoërskool Oosterlig in Sunward Park was die gelukkige skool in die Oos Rand wat gekies is om deel van dié verrigtinge te wees.

Ses leerlinge word genomineer, wat dan ’n video moet maak om te motiveer hoekom hulle deel van die program wil wees.

Uit die ses word daar dan drie gekies. In dié geval was die gelukkige matrikulante van Oosterlig, Marli Grobbelaar (18), Annie Rautenbach (18) en Lee-né Jackson (18).

Oosterlig se matriekafskeid het op 10 Augustus plaasgevind en dit was beslis ’n spoggeleentheid.

“Ek was baie bly toe ek gehoor het ek is gekies,” het Marli gesê.

“Dit was baie spesiaal en ek was dadelik vreeslik opgewonde,” het Annie gesê.

Die program het die koste van die leerlinge se haarafsprake en grimering gedek en die leerlinge in die beplanning van hul matriekafskied gevolg.

Op die dag self was die leerlinge se aktiwiteite gevolg en die aand is saam met hulle deurgebring.

“Dit was so lekker om bietjie bederf te word,” het Marli gesê.

Volgens Annie was dit ’n wonderlike ervaring om op televisie te wees en sy voel dit is ’n goeie manier om vir ander meisies te wys dat dit nie net gaan oor die uiterlike nie, maar dat jy ook mooi van binne moet wees.

Marli se hoogtepunt was om die aand in haar ligte pienk rok saam met haar vriende te geniet.

Annie het vir ’n klassieke voorkoms in ’n rooi rok gegaan en was mal daaroor om op die rooitapyt te loop en om op die geleentheid te dans.

Lee-né se smaraggroen rok het haar rooi hare pragtig gekomplimenteer.

Marli en Annie raai jongmense aan om net die hele ervaring van die matriekafskeid te geniet en om ’n rok te kies wat by hulle persoonlikheid pas en waarin hulle gemaklik voel.

Die leerlinge se matriekafkeid was beslis iets om te onthou, en die foto’s en videos van die beplanning, voorbereiding en geleentheid self gaan vir almal beskikbaar wees om te sien.

LEES OOK: Oosterlig – ‘n kwarteeu van revue uitmuntendheid |

Volg ons:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button