Word deel van die VLU in Boksburg

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Boksburg-tak gaan steeds van krag tot krag.

Die tak bestaan vanaf 1960 en is ’n groep vroue wat direk by die gemeenskap betrokke is.

Die organisasie het verskeie takke in en om Ekurhuleni en het ’n bekende naam deur hul geoie dade in gemeenskappe geword.

Die Boksburg-tak ontmoet elke eerste Woensdag van die maand te NG-kerk Boksburg, Voortrekkerstraat, ook bekend as die Klipkerk.

Magriet Marx, die voorsitter, moedig al die vroue in Boksburg aan om ’n draai by die volgende VLU vergadering te maak.

Lede geld beloop R250 ’n jaar, R55 maandeliks.

Die volgende vergadering vind op Julie 4 om 1.30 nm plaas.

Exit mobile version