Local newsNews

Helpende hand vra jagters vir hulp

Met die tekort aan ’n goeie, goedkoop bron van proteïene het Helpende Hand die #HelpJag-veldtog van stapel gestuur.

Solidariteit Helpende Hand, wat ’n tak in Boksburg het, se Kosblikkie-projek voorsien ongeveer 5 200 kleuters elke dag van ’n bord kos.

By meer as agt persent van kleuterskole is hierdie die enigste voedsel wat die kleuters op ’n dag ontvang.

Die  #HelpJag-veldtogprojek moedig jagters aan om wildsvleis vir Helpende Hand te skenk.

Die organisasie sal betaal vir die verwerking van die vleis en dit sal dan aan die naaste Kosblikkie-skool geskenk word.

Helpende Hand is reeds deur Huntex2018 aangeneem as hul amptelike welsynsorganisasie en die groot borg vir die projek is die Wild & Jag-tydskrif.

Die publiek kan betrokke raak deur ’n bok te skenk of ’n finansiële skenking te maak deur die webwerf www.helpjag.co.za te besoek, of e-pos gerus vir Amanda Zeelie by Helpende Hand Boksburg tak: amandazeelie48@gmail.com

Related Articles

Back to top button