CrimeNews

VIDEO: Vrou(e), kinders sien hoe ‘n gewapende rower op North Rand Road vasgetrek word

"Hulle het guns ook! Kinders sak, sak!"- 'n getuie se woorde aan haar kinders

Twee vroue, met kinders glo in die voertuig, het vroeër vandag (8 Februarie) die arrestasie van ‘n gewapende rower met ‘n selfoon opgeneem.

Die toneel het op die hoek van North Rand en Elizabeth strate tussen 3nm en 4nm afgespeel toe die huiseienaar se seun in samewerking met ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy die verdagte vasgetrek het.

Die jong man het op ‘n alarm by sy ouerhuis in Ian Close Straat reageer en kon danksy die hulp van die bure die man agterna sit.

Volgens Boksburgnoord SAPS se woordvoerder, Kapt Juanita Coetzer het die seun besluit om in die verdagte se voertuig vas te jaag om hom te keer om te vlug.

“Die verdagte was besig om om te draai toe die man in hom vasgejaag het. Die polisie is daarna na die toneel ontbied,”verduidelik Coetzer.

“‘n Ongelisensieërde vuurwapen en huisbraaktoerusting is in die verdagte se besit gevind.”

Die verdagte is gearresteer

VIDEO:

 

Die Advertiser het met inliging wat kort na die insident beskikbaar was, berig dat die verdagte in ‘n kaping betrokke was.
Die feite rondom hierdie voorval is egter eers later deur die SAPD bevestig.

 

Lees die oorspronklike berig met fotos hier: Traffic comes standstill as police, security arrest suspect

 

Volg ons:

Twitter

Instagram

Facebook

 

Related Articles

Back to top button