Local newsNews

Solidariteit stel nuwe interaktiewe jeugwebblad bekend

Die webblad is gemik op elke matriek leerling, student en jong werkende wat op die rand van ’n nuwe lewensfase staan.

Die vakbond Solidariteit, wat ook ’n Boksburg tak het, het op 1 Februarie sy interaktiewe jeugwebblad bekend gestel.

Volgens Marisa Engelbrecht, bemarkingsbestuurder by Solidariteit, is Solidariteit Jeug op die been gebring om jongmense in hierdie nuwe fase van hul lewens by te staan deur kennis en inligting gratis aan hulle te bied.

“Jongmense se sukses in die werkplek is Solidariteit Jeug se eerste prioriteit,” het Engelbrecht gesê.

Die webblad is propvol hulp, advies en wenke oor studies, en bied inligting oor werksgeleenthede wat alle jongmense sal bemagtig om hul loopbaandrome te verwesenlik en hulself onmisbaar te maak.

Volgens Engelbrecht, is Solidariteit Jeug ’n tuiste vir jongmense waar hulle oor die toekoms kan droom en terselfdertyd toegang het tot loopbaanondersteuning, studiebefondsing, internskappe en talle ander hulpmiddels.

“As jy op die punt staan om die volgende stap in jou lewe te neem, stel jou profiel op die platform gratis op en maak Solidariteit Jeug jou bondgenoot om so seker te maak jy sit jouself op die beste pad vir uitnemendheid.”

Om die gratis voordele te kry, besoek die webblad by www.jeug.co.za

Vir meer inligting oor Solidariteit Boksburg kontak Francois van Heerden by 082 852 9483.

Related Articles

Back to top button