Local newsNews

Gee só vir minderbevoorregtes ’n geseënde Kersfees

Vanjaar vat Uniprop Real Estate hande met Solidariteit Helpende Hand, Boksburg om dié organisasie se jaarlikse Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders ekstra spesiaal te maak.

Die Kerspartytjie vind op 2 Desember te Laerskool Witfield plaas. Ongeveer 100 tussen 150 kinders gaan dié jaar se Kerspartytjie bywoon.

Uniprop en Solidariteit is druk besig om donasies, byvoorbeeld kinderklere, toiletware, nuwe of tweedehandse speelgoed, legkaarte en boeke vir die kinders bymekaar te maak.

Uniprop het drie liefdadigheidstrollies by drie verskillende winkels waarin die publiek hulle donasies kan plaas.

Dié winkels is Cleo’s Pick n Pay in Elspark in Kingfisher Laan, Sunward Park Spar in Kingfisher Laan en Towers Pick n Pay in Noordrandweg.

Donasies kan ook by Uniprop se kantoor by 236 Rondebultweg, Libradene afgelaai word of hulle sal selfs kollekteer indien nodig.

Uniprop hou ’n liefdadigheid ‘road show’ op die hoek van Kingfisher Laan en Duiker Pad in Sunward Park op 18 November.

Die publiek is welkom om daar ook donasies te skenk of om met Uniprop oor hul liefdadigheid te kom gesels.

Related Articles

Back to top button