Pubniters hou gratis vertoning vir jong kankerlyers

Die Pubniters het ’n gratis vertoning aangebied ten bate van ’n fondsinsamelingsprojek vir twee plaaslike jong kankerlyers by Laerskool Elspark, op 25 Augustus.

Die Pubniters is ’n nie-winsgewende organisasie wat melodrama vertonings opvoer om fondse in te samel vir verskeie liefdadigheidsorganisasies.

Tiaan Coetzee (17) van Freeway Park, en ook ’n leerling te Hoërskool Dr EG Jansen, is April vanjaar met Limfoon gediagnoseer. Hy ondergaan tans chemoterapie.

Paul Verster (15) van Comet is met Akute Myelositiese Leukemie gediagnoseer.

Paul Verster (15) van Comet is met Akute Myelositiese Leukemie gediagnoseer, ook April hierdie jaar.

Hy ondergaan tans ook chemoterapie.

Húlle was die begunstigdes en die fondse ingesamel is oorbetaal aan hul ouers vir behandeling, medikasie en vitamiene aanvullings.

Tiaan Coetzee (17) van Freeway Park, en ook ’n leerling te Hoërskool Dr EG Jansen, is April vanjaar met Limfoon gediagnoseer.

“Ons wil graag dankie se aan almal wat bydrae gemaak het,” sê Vicky Ainsley.

“’n Spesiale dank gaan aan Esta Henning en Tina van Jaarsveld en hul gades wat die aand moontlik gemaak het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version