Hulle was Dylan Fourie (Afrikaanse Poësie seuns, Graad RR), Aiden Fourie (Afrikaanse Poësie seuns, Graad R) en Liané Conradie (Engelse Poësie dogters, Graad R).
By Step-Up Pre-Primêr is dit belangrik om hul kleuters die nodige blootstelling te gee en om hulle te help om hulle selfvertroue te ontwikkel.
Drie van Step-Up Pre-Primêr se leerders het aan die jaarlikse Abacus Maths kompetisie, wat ook op 12 Augustus plaasgevind het, deelgeneem.
Gideon de Vries (Graad R) en Darius Barnard (Graad Vyf) het die Beste Presteerderstoekennings ontvang.
Juffrou Frieda Milligan, wat die Abacus Maths aanbied, was die enigste afrigter met twee top presteerders in haar span.
Annerien Erwee (Graad R) het ook ‘n silver medalje verower.