NewsSchools

Concordia tuimel van ekstase

Laerskool Concordia se gimnastiek is reeds in volle swang en hul span, Wild Flames, het reeds vanjaar aan twee kompetisies deelgeneem.

Concordia Tuimel Kampioenskappe het op 13 Mei plaasgevind en Eagles Tuimel Kampioenskappe op 10 Junie.

Albei kompetisies was in Northmead, Benoni, by die John Barrable saal gehou.

Ongeveer 302 inskrywings is ontvang vir die Concordia Tuimel Kampioenskappe.

Wild Flames Concordia het 44 gimnaste op die vloer gehad en het 17 goue medaljes, vyf silver en vyf brons ingepalm.

Ongeveer 346 inskrywings is ontvang vir die Eagles Tuimel Kampioenskappe.

Wild Flames Concordia het 46 gimnaste op die vloer gehad en het met 17 goue medaljes, ses silver en vyf brons weggestap.

Die volgende Concordia leerlinge het die Concordia en Eagles Tuimel Kampioenskappe gewen: Timo Tshabalala (vlak 1), Sanitha Mkhwanazi (vlak 2), Tiaan Viljoen (vlak 2), Bryzen du Toit (vlak 2), Nimari Jansen (vlak 3), Juhan Trytsman (vlak 3), Lea Steyn (vlak 5) en Caitlin Weber (vlak 7).

Tydens die Concordia Tuimel Kampioenskappe het Timo Tshabalala, Sanitha Mkhwanazi en Rebecca Mkhwanazi (boetie en sussie) van Concordia goue medaljes ontvang.

Caitlin Weber is Concordia se senior tuimel gimnas.

Sy tuimel nou al vyf jaar en spog met 21 goud en een silver medalje. Caitlin het sedert 2013 al haar tuimel klubkompetisies gewen.

Related Articles

Back to top button