Heerlike sop voed leë magies op koue oggend

’n Vol maag voed nie net die liggaam nie, maar ook die brein.

Prime Properties het onlangs die magies van minder bevoorregte kinders gevoed met heerlike sop en broodjies by Laerskole Goudrand, Witfield en Westwood.

Annette van Eeden van Prime Properties sê dat ons as mense nie besef hoe dankbaar en geseënd ons is nie.

“Ons moet bewus wees van die kinders wat so onskuldig is,” sê sy.

“God plaas ons daar om uit te reik en verwag nie van ons om baie vrae te vra nie.”

Volgens Annette was dit baie lekker om te gee, maar ook hartseer om te hoor hoe honger die kinders is omdat hulle nog niks gehad het om te eet nie.

Annette van Eeden van Prime Properties deel sop en broodjies uit by Laerskool Goudrand.

“Hierdie jong kinders is die toekoms van ons land en voeding is van kardinale belang vir die brein om ten volle te ontwikkel. Die Here bly goed en die lewe gaan oor Hom. Sy liefde ken geen perke nie. Ons verstaan nie altyd hoekom nie, maar moet vertrou op Sy tyd,” sê sy.

Elke kind het ook ’n pakkie met lekkernye gekry.

Prime Properties bedank Laerkole Goudrand, Witfield en Westwood vir hierdie geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version