Editor's choiceLocal newsNews

Help ‘klein vegtertjie’ se familie om haar ‘n normale lewe te gee

Aneldie Jessi van der Walt, van Boksburg, is op 16 Desember 2016 op 26 weke in die Clinton Hospitaal, Alberton, gebore.

By geboorte het sy ’n skamele 535g geweeg en is dadelik uit die kraamsaal na die Neonatale Intensiewesorgeenheid geneem.

Haar ouma, Elmarie, vertel die dokters het haar dadelik aan suurstof en masjiene gekoppel.

Sy was vier maande in die intensiewesorgeenheid.

Sy was vir vier maande in die neonatale intensiewesorgeenheid.

Aneldie het vyf maande oud geword op 16 Mei en weeg nou ongeveer 2.9kg. Sy het op 26 Mei ’n breekoperasie ondergaan en is ’n paar dae later ontslaan.

“Dit gaan nou baie beter met haar – sy is ’n ware engelkind,” sê Elmarie.

“Sy is ’n regte vegtertjie en ’n wonderwerkie van bo.”

Volgens Elmarie, beloop Aneldie se mediese rekening oor die R1.6 miljoen en is die mediesefonds uitgeput.

Die grootte van Aneldie se voetjie by geboorte.

“Dit laat ons met meer as R12 000 se rekeninge om te betaal en volgens die mediesefonds is dit nie die einde nie,” sê sy.

“Aneldie het professionele verpleging nodig tuis, omdat sy 24/7 op suurstof gekoppel is.

Sy is ook op ’n masjien wat haar pols en hartklop monitor.

“Ons het die twee masjiene gehuur teen R1 445 per maand.”

Vandag weeg sy ongeveer 2.9kg.

Elmarie het vir haar kleindogter ’n trust rekening oopgemaak en vra die publiek se hulp en ondersteuning om haar te kan help om ook ’n normale gesinslewe saam met haar ouers en ousus te kan hê.

Hierby die bank besonderhede:

FNB

Aneldie J v/d Walt

Rekening nommer: 62697235903

Takkode: 250655

Vir enige navrae, kontak Elmarie by 079 501 7460.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button