NewsSchools

EG Jansen bring wêreldskos Boksburg toe

Die Hoërskool Dr EG Jansen se Graad 11 gasvryheidleerlinge het op 29 en 30 Mei hul kwartaallikse praktiese eksamens gehad.

Die tema van die restaurantaande was ‘internasionale aand’. Die leerlinge kies self watter land hulle wil uitbeeld en trek dan ook volgens die land aan.

Daar was onder andere tafels van Japan, Afrika, Ierland, Mexico, Hawaii, Los Vegas en Parys.

Dit was ’n ware kultuur belewenis met heerlike wêreldse disse.

Die spyskaart vir die aand se maaltye het soos volg gelyk:

Voorgereg: Spaanse tamatie en rissiesop, saam met Turkse platbrode

Hoofgereg: Amerikaans geroosterde hoender, Asiese varksosaties, Italianse sampioenpasta, Griekse filosigare met ricotta en spinasie, Franse groenbone met feta en mostert en Soetwortelrepies met Engelse toffiesous

Nagereg: Suid-Afrikaanse koekskuif en koffie.

Related Articles

Back to top button