NewsSchools

Vals nuus oor die uitslag van die godsdienssaak

Dit het onder FEDSAS se aandag gekom dat 'n valse boodskap op sosiale media die rondte doen dat die Bloemfonteinse Hoë Hof uitspraak gelewer het in die saak oor godsdiens en godsdiensbeoefening by ses van sy lidskole.

Die saak is inderdaad aangehoor op 15 tot 17 Mei, maar wel in die Hoë Hof in Johannesburg en nie Bloemfontein nie.

“Uitspraak is voorbehou en daar is tans geen aanduiding van wanneer uitspraak gelewer sal word nie,” het Jaco Deacon, adjunk-uitvoerende Hoof van FEDSAS gesê.

“Die boodskap wat die rondte doen is dus nie waar nie en lidskole moet nie daarop reageer nie.”

Laerskool Baanbreker is ook betrokke by die saak.

Less ook oor die hofsaak: Baanbreker bly veg vir sy reg om godsdiensonderrig in hof

Related Articles

Back to top button