Local newsNews

Mej Junior Suid-Afrika finalis help graag haar gemeenskap

Sewejarige Jenny McMaster, van Laerskool Baanbreker, is ’n Mej Junior Suid-Afrika finalis en help graag haar gemeenskap.

“Ons wil graag bystaan en haar leer van mense en diere wat hulp kort en van liefde vir die gemeenskap,” het Jenny se ma, Chantelle McMaster, gesê.

Sy het in haar skool se kantoor ’n bottel gesit om geld in te samel vir die Brakpan DBV, wat op die oomblik in finansiële krisis is.

Jenny beoog om nog weldadigheidswerk te doen, voor die finale, vanaf 4 tot 8 April.

Sy gaan Mimi sanitêre produkte vir minder bevoorregte tiener dogters uitdeel wat nie skool toe gaan nie omdat hulle nie die produkte kan bekostig nie.

Jenny McMaster (7) is ’n finalis in die Mej Junior Suid-Afrika kompetisie.

Jenny gaan ook beddegoed, klere en speelgoed wat sy bymekaar gemaak het uitgee in ’n minder bevoorregte gemeenskap.

Sy het ook klere en beddegoed bymekaar gemaak vir die gesin wie se huis afgebrand het in Germiston.

Jenny was ook by die gedenkdiens met kerse van die driejarige seuntjie wat sy lewe verloor het tydens die huisbrand.

Hierby het die Van Dyk Park Helpende Hand ook vir Jenny bygestaan om dit moontlik te maak.

Sy het vir die Boksburg DBV ’n selfoon gevat toe hul noodgevalle foon stukkend was, asook honde- en katkos.

Ter herdenking van die 16 Days of Activism Against Women and Children Abuse veldtog, het Jenny ook wit strikkies en kaartjies uitgedeel aan die publiek.

Om vir Jenny te stem, gaan na die Face of South Africa 2017 Facebook blad en ‘like’ haar foto.

Jy kan ook die kode ‘P04’ na 47018 SMS.

SMSe kos R2 en gratis SMSe geld nie.

Related Articles

Back to top button