Local newsNews
‘n Spesiale saamtrek van geloof vir vrouens
Annalise Wiid het gesels oor die vreugde van ’n lewende geloof by vanjaar se vrouesaamtrek, wat gesamentlik aangebied is deur die Gereformeerde Kerk Boksburg en Boksburg-Suid, te Birchwood Hotel, op 11 Maart.
Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika bied in Maart elke jaar landswyd vrouesaamtrekke aan.
Die doel van die saamtrek is om as Christenvroue die eer aan God te gee.
Ongeveer 300 vroue het hierdie spesiale oggend bygewoon.
Die oggend is afgeskop met ’n aangename verwelkomingsverassing deur die dansers van Studio 7 Dance2Perfection.
’n Ontbyt is geniet en die vrouens het gesellig die oggend saam deurgebring.