Laerskool Concordia se graad drie leerlinge presteer in kompetisie

Die Departement van Onderwys hou elke jaar ’n kompetisie vir die grondleggingsfase in drie vakgebiede, naamlik Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede.

Slegs die wenner van graad drie in elke skool vorder verder.

Die volgende leerling het deelgeneem aan ’n Afrikaanse spelkompetisie

Laerskool Concordia skryf jaarliks (graad een tot drie) ’n spelkompetisie klassikaal.

Die graad drie leerlinge vorder verder op kring-, distriks- en provinsiale vlak.

Laerskool Concordia, tesame met die ander skole in Boksburg is in kring vyf van Ekurhuleni-Suid.

Arina Jansen van Rensburg het die skoolvlak vir die graad drie leerlinge gewen en gaan deelneem op kringvlak.

By die kringvlak het sy tweede gekom en gaan deelneem aan distriksvlak waar sy derde gekom het.

Die volgende leerling het deelgeneem aan Hoofrekene Wiskunde

Laerskool Concordia het ’n flinkdink wiskunde toets klassikaal geskryf. Die leerlinge wat die meeste reg het in die kortste tyd, wen.

Martin Heunis was die graad drie wenner van Concordia.

Hy het die kringvlak ook gewen en gaan deelneem aan distriksvlak waar hy ’n tweede plek behaal het.

Die volgende leerling het deelgeneem aan ’n departementele kunskompetisie as deel van Lewensvaardigheid

Hierdie jaar moes die leerlinge ’n twee-dimensionele tekening in die kunsklas doen (volgens ’n tema) as deel van die kompetisie.

Dian Prinsloo, in graad drie, het die skoolvlak gewen.

Hy het op kringvlak gaan deelneem en het weer eens daar ook gewen.

Hy het distriksvlak ook gewen en sy kunsstuk was na provinsiale vlak toe gestuur, waar hy ’n sertifikaat vir deelname gekry het.

Exit mobile version