NewsSchools

Niemand kan by dié voormalise rugbyspelers kers vashou nie

Die onoorwonne Hoërskool Dr EG Jansen o-13 rugbyspan van 1977 het op 26 November bymekaar gekom by die Atlas-rolbalklub vir ’n 40 jaar reünie om te reflekteer oor dié prestasie.

Die meeste van die spanlede het die reünie bygewoon en sommige spelers het vanaf Kaapstad, Bethlehem, Pietersburg, Ermelo en Nelspruit gereis om die geleentheid mee te maak.

“Menige manne het mekaar op skool laas gesien en nutteloos om te sê, een dag was te min om op te vang,” het een van die spanlede, Johan van Dyk, gesê.

Die kameraadskap wat hulle jare gelede ontwikkel het, het dadelik ingeskop en kort voor lank was almal weer die vriende van ouds.

Die onoorwonne Hoërskool Dr EG Jansen rugbyspan van 1977 in die Boksburg Advertiser van daardie jaar (verskoon die kwaliteit van die foto; die uitknipsel is deur die jare verweer).
Die onoorwonne Hoërskool Dr EG Jansen rugbyspan van 1977 in die Boksburg Advertiser van daardie jaar (verskoon die kwaliteit van die foto; die uitknipsel is deur die jare verweer).

Foto’s, telefoonnommers en e-pos adresse is uitgeruil met beloftes van kuier en om weer die ou vriendskappe te hervat.

’n Ou Advertiser artikel van 1977 lees dat dié span daardie jaar in 14 wedstryde ’n totaal van 592 punte aangeteken het met nie ’n enkele punt teen hulle nie.

Daar is 129 drieë gedruk en slegs 38 daarvan is verdoel. Die gemiddelde telling per wedstryd was 42 teen 0.

Navrae kon steeds nie bevestig of hierdie prestasie ooit weer herhaal kon word deur enige span nie.

 

Related Articles

Back to top button