Kerk bedank personeel in uniform vir onbaatsugtige werk

Die VEK (Volle Evangelie Kerk) Kruisgenerasie, Boksburg-Noord, het op 13 November ’n diens vir alle uniformdraende personeel gehou.

Daar was ongeveer 54 spesiale gaste van die SAPS, nooddienste, Ekurhuleni Metro Polisie, veiligheisdmagte en mediese personeel teenwoordig.

Past Ben van Staden het die diens met gebed geopen en die skriflesing is gelei deur kol Addie Burt, kapelaan van die lugmag.

Ná die skriflesing het kol Christo Maree, kapelaan van die SAPS, inspirerende woorde gespreek.

VEK Kruisgenerasie, Boksburg-Noord, het ’n diens vir alle uniformdraende personeel, op 13 November, gedra. Daar was lede van die SAPS, nooddienste, Ekurhuleni Metro Polisie, veiligheidsmagte en mediese personeel teenwoordig.

Ná afloop van die diens is heerlike versnapperings vir almal voorgesit.

“Hierdie is ’n gebaar wat elke lid in uniform opreg waardeer – om te weet dat die gemeenskap aan hulle dink en vir hulle bid,” het kapt Juanita Coetzer, kommunikasiebeampte van die Boksburg-Noord SAPS gesê.

“Dit maak ’n persoon trots om ’n uniform te dra en dit motiveer jou om te sien dat daar nog goedheid in die wêreld is.

“Baie dankie aan elkeen wat teenwoordig was en bygedra het tot die oggend.”

 

Exit mobile version