NewsSchools

Geliefde oud-skoolhoof van Sunward Christian Academy sterf

Stigter en oud-skoolhoof van die Sunward Christian Academy, in Parkrand Village, pastoor Jan Hendrik van der Westhuizen, is op 19 Oktober oorlede.

Sy begrafnis is op 27 Oktober, vanuit die AGS Woord en Lewe Auditorium – waar hy ook ’n pastoor was – gehou.

Van der Westhuizen is op 26 Februarie 1942 in Boksburg gebore en het die grootste gedeelte van sy lewe hiér deurgebring.

Hy het ’n ingenieursdiploma en onderwysdiploma agter sy naam gehad en was georden as ’n pastoor in die AGS-gemeente.

Van der Westhuizen het diep spore in soveel mense se lewens getrap.
Volgens sy vrou, Loureth, was sy mooiste eienskap sy integriteit en humor.

Hy was vir ongeveer 40 jaar in die onderwys en was vir 16 jaar aan die stuur van Sunward Christian Academy.

Van der Westhuizen se passie, ten opsigte van goeie onderwys vir sy kleinkinders, is sigbaar in die feit dat hy die skool gestig het.

“Sy wysheid en humor word reeds gemis deur almal wat hom liefgehad het, die familie, vriende, personeel en skool kinders,” het Loureth gesê.

Hy laat sy vrou, twee kinders en ses kleinkinders agter.

Related Articles

Back to top button