Dié oggend is ’n diens gehou ter viering van die afsluiting van hul loopbaan by die laerskool.
Past Morné Kruger het ’n mooi, roerende boodskap aan die leerlinge oorgedra, met die tema ”Groei altyd in die Here”.
Die Laerskool Concordia wens sy graad sewe leerlinge baie sterkte toe in hul laasste eksamen vir die jaar, asook seëninge op hulle skool loopbaan verder.
Skoolhoof Christo Lodder het ‘n nuwe tradisie ingestel – die gooi van pette in die lug – wat die vreugde van die leerlinge se graduering van laerskool op ’n hoë noot afsluit. Dié sal voortaan elke jaar plaasvind.