NewsSchools

EG Jansen gee erkenning aan Badenhorst broers

Riaan en Christo Badenhorst, oud-leerlinge van die Hoërskool Dr EG Jansen, is vereer met eerstespan rugbytruie, vir 33 jaar se lojale ondersteuning van Jansen rugby.

Dié tweeling het die skool en die skoolhoof, Leon de Beer, bedank vir die mooi woorde waarmee hulle erken is.

Hulle het nooit self die geleentheid gehad om rugby te speel nie, weens hul serebrale gestremdheid.

Nou kan hierdie broers met trots hul eerstespan rugbytruie langs die veld dra.

“Dit is werklik ’n groot eer vir hulle – weereens baie dankie Dr EG Jansen en almal wat dit moontlik gemaak het,” het hul verteenwoordiger, Jeanette Badenhorst, gesê.

Hoërskool Dr EG Jansen se skoolhoof, Leon de Beer (middel), het die Badenhorst-tweeling Christo (links) en Riaan, vereer met eerstespan rugbytruie vir 33 jaar se lojale ondersteuning van Jansen rugby.
Hoërskool Dr EG Jansen se skoolhoof, Leon de Beer (middel), het die Badenhorst-tweeling Riaan (links) en Christo, vereer met eerstespan rugbytruie vir 33 jaar se lojale ondersteuning van Jansen rugby.

Riaan en Christo laat niks hulle onderkry nie en blink uit op besigheid-, sowel as sportgebied (fietsry). Hulle het heelwat Argus en 94.7-wedrenne voltooi en het ook al telkemale aan die SAs deelgeneem.

Die Badenhorsts oefen ses dae per week om fiks te bly, sodat hulle by hul nie-gestremde fietsry spanmaats kan byhou.

Hulle onderneem ook baie liefdadigheidsprojekte, waarvan een ’n fietsry rit vanaf Johannesburg na Durban was.

Die broers beplan tans weer so ’n rit vir liefdadigheid in 2017, vir serebrale gestremde persone – ‘n gestremdheid wat hulle nie kan onderkry nie.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button