NewsSchool sportSchoolsSport

Armsvol toekennings vir Anton van EG Jansen

Een van Sportsmax se ambassadeurs, die 15-jarige Anton Potgieter, is op 19 Oktober by Hoërskool Dr EG Jansen se junior prysuitdeling as Junior Sportman van die Jaar aangewys.

As een van die o-15A rugby seuns wat ’n silwermedalje ontvang het tydens die Beeld-Trofee finaal en aangesien hy en die o-14A rugbyspan dit ook in die 2015 Beeld-trofee finaal vermag het, het hy en die o-15A span erekleure vir rugby ontvang.

Tydens die SA atletiekkampioenskappe het Anton as een van die Gauteng-span se Sweedse aflos atlete ’n silwermedalje ontvang.

Die skool het hom dus ook vereer met erekleure vir atletiek en hy het boonop die Junior Seunsatleet van die Jaar trofee gekry.

Hy behaal ook ’n akademiese gemiddeld van 74 persent en ontvang dus ’n goue sertifikaat.

Anton en sy pa, Pottie, het sy borg Sportsmax, afrigters, mede o-15A rugbyspelers, Sweedse aflos Gauteng spanlede, al die Jansies en hul ouers bedank.

“En laaste, maar nie die minste – die Here wat hom (Anton) die krag en talent gegee het, want sonder elkeen van sy talente sou hy dit nie kon regkry nie en daarom dra hy die trofeë op aan elkeen van sy talente,” het Pottie gesê.

Related Articles

Back to top button