NewsSchool sportSchoolsSport

Jansen spog met Noordvaal Sewes trofeë

Die Hoërskool Dr EG Jansen het die naweek geskiedenis gemaak deur die eerste Valke skool in die geskiedenis te wees wat die Noordvaal Sewes trofeë gewen het.

Dr EG Jansen was vanjaar ook die enigste skool in die toernooi wat twee spanne gehad het wat in die boonste vier plekke geeïndig het, terwyl Jansen ook die enigste skool is waar albei spanne medaljes ontvang het.

Jansen se o-15-span was brons medalje wenners en het algeheel derde tydens die toernooi geeïndig.

Dit was die derde jaar wat die Hoërskool Menlopark die Noordvaal-toernooi aangebied het.

Jansen se o-17-span het na die kwartfinaal deurgedring deur vir, onder andere, die Hoërskool Rustenburg en die Hoërskool Oos Moot te klop en algeheel tweede in die groepfase te eindig, nadat hulle teen die Hoërskool Monument verloor het.

Die tellings in die groepfase was:

* Dr EG Jansen 24 teen Rustenburg 12

* Dr EG Jansen 26 teen Oos Moot 21

In die kwartfinaal, met die halftydtelling Dr EG Jansen 7 teen Nelspruit 19, moes die Jansen-manne hard werk om Nellies met 24 teen 19 te klop.

Rotsvaste verdediging in die tweede helfde hetvir Nelspruit punteloos gelaat.

Tydens die half-finaal moes EG Jansen vir 14 minute lank hul lywe op die spel plaas om Helpmekaar Kollege, wat as die gunstelling span vir die toernooi beskou is, met 24 teen 21 te klop.

Met die Hoërskool Garsfontein wat vanjaar in sy derde finaal in drie jaar gespeel het, is ’n klipharde stryd verwag.

Garsfontein het vroeg punte aangeteken, maar Jansen het direk daarna met ’n uitsonderlike drie deur sy onderkaptein, Ruben Beytell, geantwoord.

Met die halftydtelling 14 teen 12 in Jansen se guns was die uitslag nog in die weegskaal.

Garsfontein het vroeg in die tweede helfde hul laaste punte aangeteken, waarop EG Jansen met vier onbeantwoorde drieë geantwoord het.

Dr EG Jansen het ses drieë in die finaal gedruk om die eindtelling van 40 teen Garsfontein se 17 te bewerkstellig.

Volgens Jansen se afrigter, Kwagga Loubser, is dit baie moeilik om spelers uit te sonder, aangesien hierdie toernooi ’n spanpoging deur al 12 spelers was.

“Wat wel in ons gus getel het, is die feit dat sewe van ons spelers vir die Valke o-17 provinsiale sewes-span van 12 gekies is, en hul ervaring was goud werd vir die span in druk situasies,” het hy gesê.

Hulle is Carson Koekemoer, Dwayne Fourie, Dylan Schwartz, Franco van Eeden, Leshley October, Keenen Oelofse en Ruben Beytell.

Loubser het ook vir Carson Koekemoer (kaptein) en Ruben Beytell (onder-kaptein) geloof vir hul uitsonderlike leierskap op en van die veld af tydens die toernooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button