Local newsNews

Samaritaan Huis hou opedag vir Graad R

Die Samaritaan Huis in Sky Straat, Cason, bied gratis voorskoolse opleiding vir Graad R aan minderbevoorregte kinders in die omgewing en hou op 17 September, vanaf 9vm tot 12vm, hul opedag.

Enige iemand is welkom om die dag by te woon.

Daar sal gratis hotdogs en koeldrank wees vir die kinders.

Die skool bied ook opvoeding vir Gr RR en vertrou op donasies om ‘n bestaan te maak.

In die 16 jaar wat die Samaritaan Huis ’n bestaan voer, het die eienaar Marie Russell besef dat daar ’n skerp uitvalsyfer onder  minderbevoorregte skoolkinders in die gemeenskap is.

“Graad R is dus baie van belang,” het sy gesê.

“Indien die leerling nie Gr R agter hul naam het nie raak hulle verlore in die sisteem, want die skool plaas druk op hierdie kinders.”

Sy vertel dat daar ouers is wat dit nie kan bekostig om hul kinders in skool te sit nie.

“Ek wens ek kon die skooltjie uitbrei, sodat ons meer kinders ’n kans in die lewe kan gee,” het Russell gesê.

Russell maak nie net hierdie kinders gereed vir skool nie, maar sy stap ook ’n pad saam met hulle.

“Die kinders word in ’n huislike omgewing behandel, want hier is ’n ouma (Minnie van der Klashorst) wat omgee, troos en bederf,” het sy gesê.

“Ons skooltjie is klein, maar ons funksioneer met baie liefde.”

Enige iemand of maatskappy wat ’n bydrae wil lewer tot die opedag kan vir Marie kontak by 011 917 5591.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button