Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Klein mensie is slaggereed om diere te help

Sewejarige Martinique Nel, van Laerskool Concordia, is spesiaal deur Jesus geroep om die diere te help.

“Sy het een aand vir my gevra hoe sy te werk kan gaan om kos en komberse vir die DBV bymekaar te maak, want Liewe Jesus het in haar hart vir haar gesê dat sy die diere moet help,” het Martinique se ma, Angelique gesê.

Angelique het aan haar dogter voorgestel dat sy haar eie projek begin en dit is hoe haar Kos en Kombers Projek ontstaan het.

Haar projek het op 24 Mei afgeskop.

Sosiale media is aangewend om Martinique se projek te bemark en het groot belangstelling tot gevolg gehad.

“So baie mense was bereid om te help,” het Angelique vertel.

Sy en haar dogter het in die aande gery om al die donasies bymekaar te maak en Martinique het self met al die skenkers gepraat en hulle persoonlik bedank.

Al die items is op 9 Julie aan die Boksburg DBV oorhandig.

“Hulle was baie bly oor haar donasie en nogal geskok oor hoe baie items daar was,” het Angelique gesê.

Martinique Nel (7) met Boksburg DBV personeellede, Michael Mafokeng (links agter) en Shimmy Mashamaite (regs agter) op 9 Julie tydens die oorhandiging van die items wat sy deur middel van haar Kos en Kombers Projek ingesamel het.
Martinique Nel (7) met Boksburg DBV personeellede, Michael Mafokeng (links agter) en Shimmy Mashamaite (regs agter) op 9 Julie tydens die oorhandiging van die items wat sy deur middel van haar Kos en Kombers Projek ingesamel het.

“Die DBV kyk regtig so goed na al hulle diere en ’n mens kan sien almal wat daar werk het ’n absolute passie vir wat hulle doen.”

Elna Koekemoer van die DBV het vir Martinique op die perseel rondgewys en sy het vir elke hond koekies gevoer en liefies gegee.

Volgens haar ma het sy ’n groot liefde vir diere en is altyd bereid om enige iemand te help.

“Sy het sowaar ’n hart van goud.”

“Ons is ontsettend trots op haar en weet sy gaan ’n groot verskil in mense en diere se lewens maak.”

Martinique wil graag aangaan met haar projek en is reeds besig om aan haar volgende projek te dink.

Haar ouers ondersteun haar 100 persent.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button