Local newsNews

Onthoukok van Kokkedoor toor kaaskoek in japtrap

Die gehoor het aan Leroux van Vuuren, 2014 se Kokkedoor Onthoukok, se lippe gehang tydens sy gehoor-interaksie kookdemonstrasie by Live Arts Little Theatre, op 7 Mei.

Terwyl hy sy perske broskaaskoek versier het, het hy gesels oor sy stryd met dwelms en hoe die Here ’n pad saam met hom gestap het.

Van Vuuren het vertel dat hy vir ongeveer 15 jaar verslaaf was aan die middel kodeïen. Hy is nou al vir 10 jaar skoon.

Tydens die oggend is daar nie net geleer hoe om hierdie heerlike resep, asook spinsuiker, te maak nie, maar daar is ook lekker gelag en saam gehuil.

Die geleentheid is aangebied deur Man of God South Africa 2016-kandidaat, Dirk van der Westhuizen.

Die geleentheid was aangebied deur Man of God South Africa 2016-kandidaat, Dirk van der Westhuizen (links). Sam met hom is Leroux van Vuuren.
Die geleentheid was aangebied deur Man of God South Africa 2016-kandidaat, Dirk van der Westhuizen (links). Saam met hom is Leroux van Vuuren.

Van der Westhuizen het in Februarie ’n rol gespeel in ’n musiekvideo vir dwelmbewustheid, en daar het hy besef dat dwelms ’n werklikheid is.

Die liedjie Through to you is deur Jeffrey Smith geskryf vir die dwelm bewusmakingsveldtog DEAD (Drugs End All Dreams), wat hy onlangs gestig het.

Hy sing dit saam met sy beste vriendin, Rianda Geldenhuys.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie is by dié geleentheid bekendgestel.

Jeffrey en Rianda, saam bekend as Jeff & Ri, het die liedjie gesing terwyl die gehoor na die musiekvideo gekyk het.

Volgens Jeffrey is die liedjie geskryf uit ’n ma se oogpunt.

Tot die gehoor se verbasing het Van Vuuren ook Halleluja saam met Jeff & Ri gesing. Dit was die eerste keer wat hy voor ‘n gehoor gesing het.

Lede van die gehoor het ook die kans gestaan om pryse huistoe te neem.

Rianda Geldenhuys, Jeffrey Smith en Leroux van Vuuren sing Halleluja. Dit was die eerste keer wat Van Vuuren voor ’n gehoor gesing het.
Rianda Geldenhuys, Jeffrey Smith en Leroux van Vuuren sing Halleluja. Dit was die eerste keer wat Van Vuuren voor ’n gehoor gesing het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button