Redenaars sak op Concordia toe

Laerskool Concordia het op 13 en 14 April die ATKV Redenaarskompetisie Oos-Gauteng aangebied.

Die doel van die kompetisie is om Afrikaans onder die jeug te bevorder sodat dit leerders sal bemagtig om in Afrikaans ’n leidende rol te speel.

Sestig laerskole se leerlinge het deelgeneem aan die kompetisie.

Hierdie jaar se temas het gehandel oor idiome en Praat die Toekoms in.

“Dit was ’n baie lekker ervaring en ek het baie geleer, veral die onvoorbereide toespraak was interessant,” het Nicole Meyer, van Laerskool Concordia gesê.

“Die beoordelaars gee vir ons ’n tema en ons moet dan op ons eie ’n onvoorbereide toespraak uitwerk. Die voorbereidingstyd is ’n uur lank en die tema was ‘hoekom moet mense gaan fliek?'”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version