Concordia gelukbringer kuier by kleuterskole

Op Dinsdag, 12 April, het die Laerskool Concordia ‘n paar kleuterskole in Boksburg gaan besoek, om 2017 se graad een inskrywingsvorms af te lewer.

Die skool se gelukbringer, Corrie die Drakie, het saam gegaan, asook die hoofmeisie, Allyssa Botha, en hoofseun Justin Kruger.

Die graad R kleuters was mal oor Corrie en het vir hom die mooiste liedjies gesing. Hier is Corrie die Drakie saam die hoofseun en hoofmeisie by al die graad R’e van Babbelbekkie Kleuterskool.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version